Leer van die Meester
Kyk en bestudeer die Natuur
Gogga wat bas eet
Kliek op onderwerp vir meer besonderhede

Ek sien in jou nuusbrief iemand doen navraag oor die "nare gogga".  Dit is die Phryneta spinator (Fig tree borer) en is wel 'n baie nare gogga wat jou ficus bonsai se kroon in een dag kan vernietig. Dit is 'n pes wat veral eetbare vyebome uitsoek maar jou ficus bonsai ook nie sal verbygaan nie.

Hulle vlieg gewoonlik van elders en kom land op jou boom waar hulle normaalweg opklim tot in die hoogste takkies en dan die bas begin afvreet. Hulle vreet nie blare nie maar slegs bas en dit lyk daarna behoorik asof die bas met 'n rasper verwyder is. Sonder bas gaan die takkies dan natuurlik dood en jou sogenaamde "apex " is daarmee heen.

As dit op groter bome toegelaat word om lank te bly, lê dit 'n eier op die stam waaruit 'n klein wit wurmpie broei wat in die stam inboor en later, as dit amper so dik is soos 'n sigaret, is dit in staat om in groot getalle groot bome te dood. Die gogga kan jy doodspuit of doodtrap as jy dit sien maar as die larwe eers in 'n dik stam ingeboor het moet jy maar 'n draad in die gaatjie indruk en dit so doodmaak.

Ek het ook agtergekom dat dit lief is om op grondvlak, waar dit gereeld klam is, in te boor. So word jou bonsai se stam en wortelstelsel erg beskadig.

Ek het groot las van hierdie "Creepy Craulies" soos ons hulle noem en stap gereeld soggens en saans my bome deur net om doodseker te maak. Die goeie nuus is hulle vreet net ficus, so die ander bome is redelik veilig.

Die webtuiste hieronder het baie goeie fotos in inligting hieroor.

Prehistoric bug by The Gardening Blog

Hoop dit help.

Groete

Sieg Coetzee

COPYRIGHT (C) 2012, BOLAND BONSAI KAI. ALL RIGHT RESERVED  Powered by Okkie van der Merwe